Jy is ‘n Ligdraer want die Lig van die wêreld leef in jou. Jesus alleen is die Lig. Of jy by die huis is, by die werk, op die sportveld of met vakansie is, skyn. Skyn vir Hom vanuit Hom. Smeer hierdie woord aan jou lyf, tot jy dit glo!
Staan op, laat jou lig skyn! Ja, jou lig het gekom, en die heerlikheid van die Here skyn oor jou. – Jesaja 60:1