Gesalfde is ‘n klein besigheid in Kaapstad waar alle produkte handgemaak word.

Ek deel met liefde my storie met julle – almal het ‘n storie en deur stories met mekaar te deel maak ons die grond gelyk. Soms kyk ons na ander se lewens deur ‘n sosialemedia lens waar alles perfek vertoon terwyl die waarheid ver verwyderd van dit is. 

In 2017 het iemand na aan my deur ‘n erge finansiële krisis gegaan. Ek het vir die Here gevra wat ek kan doen om ‘n ekstra inkomste te genereer om sodoende ook ander in nood daarmee te kan help. Dit is waar die naam Gesalfde op ‘n doodgewone dag by die werk net in my gees opgekom het. 

Die een produk het tot die volgende een gelei. 

Later die jaar het ekself deur ‘n diep donker vallei van pyn gegaan. Dit is in daardie tyd waar ek met myself en met die Here geworstel het met die vrae soos: “sal ek ooit goed genoeg wees?”, “sal ek ooit geliefd wees?” en “sal ek ooit gekies word?”. Vandag kan ek getuig dat die Here regtig ons trane opvang en ‘n nuwe lied in ons monde lê. Hy vat die seer en verander dit in vreugde. Hy maak ALLES nuut. Sy Woord is onwankelbaar.

Ek het toe besluit om daardie 3 woorde geliefd, genoeg en gekies TE GEBRUIK EN OM LYFOLIE MET SKRIF UIT DIE WOORD TE MAAK. JUIS OMDAT HIERDIE DRIE WOORDE VIR MYSELF EN SOVEEL ANDER RONDOM MY ‘N BEKENDE WORSTELING IS, IS DIE IDEE DAARAGTER:

Elke woord het ‘n geur. ‘n Geur vir elke vrou. ‘n Boodskap vir elkeen.

Elke woord het ‘n geur.

‘n Geur vir elke vrou.

‘n Boodskap vir elkeen.

My reeks olies het intussen uitgebrei na 10 woorde.

Smeer die lyfolie aan na ‘n bad of stort in die plek van lyfroom of gooi ‘n bietjie in jou badwater. Die olies is nie vetterig op die vel nie en trek vinnig in. Dit voed jou vel dieper en van binne af.

Gesalfde maak ook vir verskeie kliënte en salonne hulle eie unieke produkte.

-Hy is ‘n waarmaker van Sy Woord.